Feb 21

Jagkompetisie 2019

Keimoes is aan die rand van die uitgestrekte Kalahari geleë – ‘n Jagtersparadys soos min.

Ons bied aan jagters oor die hele Suid-Afrika die moontlike geleentheid om in die wêreld met die wye horisonne te kom jag.

Ons is ‘n klein gemeente wat wyd uitreik omdat ons glo ‘n kerk het ook ‘n missionale roeping.

Ondersteun ons asseblief hierin en skryf vir ons Jagkompetisie in.

Beantwoord die volgende vraag vir slegs R100:

WATTER EEN VAN DIE VOLGENDE VROULIKE WILDSBOKKE HET NIE HORINGS NIE? SPRINGBOK, GEMSBOK, KOEDOE, ELAND?

U Staan ‘n kans om een van die volgende uitstekende pryse ter waarde van altesaam R35 000 te wen:

Eerste prys: TWEE gemsbokke en SEWE springbokke (Waarde R20 000)

Tweede Prys: SEWE springbokke (Waarde R10 000)

Derde Prys: DRIE Slagskape (Waarde R5 000)

 

Hierdie pryse sluit basiese veblyf vir twee nagte (slegs vir die jagter) asook ‘n jagvoertuig in.

Trekkings (deur ‘n ouiditeursfirma): 7Junie 2019

Pryswenners sal dadelik in kennis gestel word en ondehandel self met die plaaseienaar oor ‘n jagdatum.

Vir inskrywingsbesonderhede, reëls, terme en voorwaardes, of enige ander navrae, stuur ‘n e-pos na skriba@keimoesngk.co.za of besoek ons webwerf by www.keimoesngk.co.za

KLIEK HIER OM IN TE SKRYF

Jun 04

Jagkompetisie 2018 – WENNERS

Baie geluk aan die volgende wenners van die Keimoes NG Kerk 2018

Springbok

Springbok

Jagkompetisie:

  • 1ste prys – Willie Hanekom (Neilersdrift)

  • 2de prys – Basie Turner (T’kabies)

Baie dankie vir almal se deelname.

Jan 29

Jagkompetisie 2018

Jagkompetisie Advertensie

Keimoes is aan die rand van die uitgestrekte Kalahari geleë – ‘n Jagtersparadys soos min.

Ons bied aan jagters oor die hele Suid-Afrika die moontlike geleentheid om in die wêreld met die wye horisonne te kom jag.

Ons is ‘n klein gemeente wat wyd uitreik omdat ons glo ‘n kerk het ook ‘n missionale roeping.

Ondersteun ons asseblief hierin en skryf vir ons Jagkompetisie in.

Beantwoord die volgende vraag vir slegs R100:

WATTER BEKENDE WILDSBOK WORD GEASSOSIEER MET ONS NASIONALE RUGBYSPAN?

U Staan ‘n kans om een van die volgende uitstekende pryse ter waarde van altesaam R40 000 te wen:

Eerste prys: TWEE gemsbokke en SEWE springbokke (Waarde R24 000)

Tweede Prys: TWEE rooihartebeeste en VYF springbokke (Waarde R16 000)

Beide hierdie pryse sluit basiese veblyf vir twee nagte (slegs vir die jagter) asook ‘n jagvoertuig in.

Trekkings (deur ‘n ouiditeursfirma): 1 Junie 2018

Pryswenners sal dadelik in kennis gestel word en ondehandel self met die plaaseienaar oor ‘n jagdatum.

Vir inskrywingsbesonderhede, reëls, terme en voorwaardes, of enige ander navrae, stuur ‘n e-pos na skriba@keimoesngk.co.za.

Kompetisie is gelsuit – Kliek hier om wenners te sien.

May 31

Jagkompetisie 2017 – WENNERS

Baie geluk aan die volgende wenners van die Keimoes NG Kerk 2017 Jagkompetisie:

  • 1ste prys – Gert van Zyl (Warmbad)

  • 2de tot 6de pryse: 

    •  Ian van Rooyen (Durban)

    • Deon Stoop (Upington)

    • Derrik Myburgh (Boksburg)

    • Piet Coetzee (Kathu)

    • Jaco Lamprecht (Kathu)

Baie dankie vir almal se deelname.

Jan 24

Jagkompetisie 2017

 

Keimoes is aan die rand van die uitgestrekte Kalahari geleë – ‘n Jagtersparadys soos min. Ons bied langs hierdie weg aan jagters oor die hele Suid-Afrika die kans om in die wêreld met die wye horisonne te kom jag.

Ons is ‘n klein gemeente wat wyd uitreik omdat ons glo ‘n kerk het ook ‘n missionale roeping.

Ondersteun ons asseblief hierin en skryf vir ons Jagkompetisie in.

Volg die onderstaande skakel, antwoord die maklike vraag en vul die inskrywingsvorm in vir slegs R50 per inskrwying en staan ‘n kans om een van die volgende pryse van altesaam R85 000 te wen!

Eerste prys: TWEE Gemsbokke en AGT Springbokke (Waarde R20 000)

Tweede to Sesde Pryse: Een Gemsbok en Vyf Springbokke elk (Waarde R13 000 elk)

Alle pryse sluit basiese veblyf vir twee nagte (slegs vir die jagter) asook ‘n jagvoertuig in.

Trekkings (deur ‘n ouiditeursfirma): 26 Mei 2017.

Pryswenners sal dadelik in kennis gestel word en ondehandel self met die plaaseienaar oor ‘n jagdatum.

Vir inskrywingsbesonderhede, reëls, terme en voorwaardes, of enige ander navrae, stuur ‘n e-pos na skriba@keimoesngk.co.za.

Kliek HIER om in te skryf!

 

 

Sep 15

Aankondiginge – 04 September 2016

N G Kerk Keimoes

Aankondiginge 4 September 2016

Baie welkom by die erdiens.

Program vir die week

Vandag:

  • Die kollekte by die deure is `n sinodale kollekte vir die Gemeente bedieningsfonds. Baie dankie aan almal wat bygedra het sodat ons verlede week R1166.50 vir die VBO (Voorgesette Bybelonderrig). kon gee.
  • Kategese direk na die erediens.
  • Die Volle Evangelie Kerk bied `n lente-ete aan vanaf 12:00. Daar is ook wegneem-etes beskikbaar. Die koste is R120.00
  • Aanddiens om 18:00. Sou Jesus werklik God wees? Is die Jehowah-getuies reg as hulle beweer dat Jesus slegs goddelik was maar nie God nie? Daar is tekste in die Bybel wat beweer dat God Jesus “aangeneem” het en wat oënskynlik hierdie stelling steun.

Maandag:

  • Eeufeeskoor – Die alte oefen om 17:00 en die mans om 18:00 in die kerk.

Dinsdag:

  • Bybelstudie om 10:00 by Tannie Maxie Möller. Almal is baie welkom.

Woensdag:

  • Bybelstudie om 09:00 te Palm-oord.
  • Eeufeeskoor – die soprane oefen om 17:00 in die kerk.

Donderdag:

  • Vroue Bybelstudie om 15:30 te Palm-oord.

Vrydag:

  • Manne-biduur om 06:00 by Tekkies.

Ons is op soek na nog stemme by die koor. As u belangstel om hier `n bydrae te maak, kan u by een van die oefentye aansluit of vir Hansia Nieuwoudt (078 3641 688) bel.

Ons beplan om volgende kwartaal `n kleuterkerk op die verhoog in die kerksaal te begin. Persone wat bereid is om te help met die aanbieding van die lessies, moet asb hul besonderhede by die kerkkantoor laat. Ons voorsien dat u ongeveer een of twee keer in `n kwartaal `n beurt gaan kry om `n lessie aan te bied.

Die beplanning vir die passiespele wat ons DV volgende jaar wil hou, is op dreef. Ons is op soek na akteurs vir verskillende rolle. Akteurs hoef nie hulle woorde presies te ken nie. Ons gaan die dialoog vooraf opneem en akteurs praat dit doodgewoon na. As u dus u woorde iewers in `n toneelstuk verloor, gaan dit nie so `n probleem wees nie.

Kontak asb vir Alita Nieuwoudt (082 216 3238) as u belangstel.

Die beplanning vir Eeufeesnaweek is ook op koers. Ons het egter baie mense se hulp en vaardighede nodig. Kyk asb deur die lys waar u `n bydrae kan maak:

  • Mense wat koekies, beskuit, melktert, brood en souttert wil/gaan bak moet asb vir Marlene de Jager (054 461 1039) kontak.
  • Mense wat poeding wil/gaan maak kontak asb vir Masha Erasmus (054 461 1145).
  • Ons benodig ook die volgende produkte: konfyt, ingelegde produkte; rosyne; droë vrugte; dadels; neute; dosies langlewe melk (50); suiker; kookolie; bakpoeier; wit asyn; koekmeel vir pannekoek, koekies en beskuit; aartappels (3 sakkies); mayonaise; patats (ongeveer 60); Tastic rys; maalvleis vir bobotie (20 kg); hoenderborsie en – dye (Kekkel en Kraai); Stork of Spar se bakmargarine; versiersuiker en 1 liter dosies vla (35).

Alle skenking moet asb so gou moontlik (voor 11 September) by die kerkkantoor afgegee word.

Die Wildsfees gaan DV vanjaar saam met die eeufees gehou word. Ons voorsien daarom `n heelwat groter aanvraag na al die produkte wat tradisioneel by die Wildsfees verkoop word. Ons

neem dus vrymoedigheid om skenkings of borge vir die volgende te vra:

springbokke; grootwild, skape om te braai; vet skape vir worsvleis; kaas; verpakkingsmateriaal; borge vir verwerkingskoste (2015 s’n was ongeveer R12 000); speserye; eiers; blatjang en ham.

As u onderneem om `n bydrae te maak moet u asb vir Sandy daarvan sê sodat ons beplanning vlot kan verloop.

As u wild wil skenk moet u asb dit boud en blad lewer. Laat weet asb wanneer u beplan om dit te bring sodat daar vroegtydig reëlings getref kan word vir verkoeling en verwerking.

 

UPINGTON-OOS BIED AAN:

KALAHARI-WYNVEILING:

 

VRYDAG 16 SEPTEMBER 2016 om 18:00

 

Plek: Die Ou Huis  Uap (Plaas van Waltie vd Walt)

 

Die veiling word behartig deur Beyers Truter bekende kampvegter vir Pinotage van Beyerskloof

Kaartjies beskikbaar by Upington-Oos kerkkantoor

En Pieter Nel – Nel en Vennote

 

U onthou nog die poging van die Bybelgenootskap om fondse in te samel vir bekostigbare Bybels. U kan by die deure R2 en R5 pilhouertjies neem en wanneer hulle vol is weer kerkkantoor toe bring. So maak ons met ons kleingeld `n grootse bydrae tot Bybelverspreiding.

 

Verjaarsdae:

Ons hartlike gelukwense aan die volgende persone wat in die week verjaar:

Anette Claassen, Deon Snyders – 4 September;

Mariska Cornelissen – 5 September;

Helene Smit & Elma Visagie – 10 September.

 

Dit is belangrik dat u die program vir die Eeufees en die verskillende produkte wat te koop aangebied word, in die hande kry. Dit is by kerkraadslede en die kerkkantoor beskikbaar. U kan dan daarvolgens u bestellings plaas en inskrywings doen vir die verskillende aktiwiteite. Dit sal die reëlings vir die eeufees geweldig vergemaklik as soveel moontlik mense hierdie werkswyse volg.

 

Palm-oord Bybelstudie – 7 September 2016.

Rom 9:1-5

 

  1. Vertel van die familie waarin jy grootgeword het. Waar pas jy in? Wat is almal se ouderdomme en beroepe? Waar is hulle nou?
  2. Wat in die teks het jou getref of laat wonder?
  3. Wat is die kwessie waarmee Paulus in hierdie gedeelte worstel? Hoekom is hy so hartseer?
  4. Hoekom sukkel die Jode om Jesus te aanvaar? Waarom sukkel sommige mense vandag daarmee?
  5. Wat is die voordele wat die volk het as God se familie (vers 4-5)? Wat beteken dit?
  6. God se volk sluit almal in, nie net die Jode nie. Bogenoemde voordele is dus ook op jou van toepassing. Wat beteken dit vir jou?
  7. Paulus sluit af met `n lofbetuiging. Dink wat God vir jou beteken en vertel vir die groep hoe jou lofbetuiging klink.
  8. Paulus het duidelik `n groot liefde vir die Jode. Wat leer jy hieruit, veral in terme van jou interaksie met ander?

 

Aangesien ons nie kan kry waarvan ons gehou het nie, laat ons nou maar hou van wat ons kon kry.

Portugese spreekwoord

Sep 15

Eeufeesprogram 2016

NG Kerk KEIMOES se EeufeesprogramEeufees 2016

Datum: 30 September tot 4 Oktober 2016

Download Eeufees program

 Vrydagaand, 30 Septemberimg_6303

18:30 – Gesellige kuierbraai by Palm-oord:

Kaartjies R70 per persoon.

Bevestig u teenwoordigheid by die kerkkantoor.

Saterdag, 01 Oktober

6:30 – Registrasie vir familie pretdraf en bergfietsrit ten bate van Palm-o
ord
:

Die wegspring van die 5 en 15 km draf @ R50 en 26 km bergfietsrit @ R70 sal om 7:00 by die hoofhek begin. Alle bergfietsryers en drawwers is baie welkom . Almal ontvang medaljes.

‘n Amptelike stap ten bate van die Bybelgenootskap van SA sal na die ou Sendingkerkie en terug plaasvind. Vir die kinders sal daar deurlopend ‘n springkasteel, ens. te doen wees.

Daar kan ook deur oud en jonk ‘n draai op ’n donkiekar gery word.

7:00 – 14:00 – Wildsfees en egte plattelandse kerkbasaar op die kerkterrein.

Daar sal meer as 20 verskillende snitte van die heerlikste watertand wildsprodukte, rou en gaar, saam met braaivleis, pannekoek, varsgebak en poeding beskikbaar wees. Die heerlike wildsprod235-vleiswerkukte sluit sosaties, cabbanossis, salami, cordon bleu, schnitzel, kaaswors, pasteie, bobotie, biltong, droë wors en vele meer in. Ander stalletjies waaronder die kontrei-spens, gebak, pannekoek en poeding, ens. word aangebied. Met die stoepstories en lekkersaamkuier kan die verlede weer in herrinnering geroep word.

 

 

 

 

 

14:00 – 19:00 – Aftyd

19:00 – 22:00 te Keimoes boereverenigingsaal:

Saamkuier geselligheid:

Ons kuier heerlik. Daar sal ‘n paar eksklusiewe items soos skilderye, wyne, ens. opgeveil word. Kaartjies moet vooraf by die kerkkantoor of kerkraadslid gekoop word @ R50. Daar is beperkte plek.

Sondag, 02 Oktober

8:00 – Spesiale gemeente biduur in die pastorietuin

 

img_6273

 

9:00 – Eeufeesdiens:

Nagmaal, belydenisaflegging. Keimoes/Neilersdrift koor tree ook op by die geleentheid.img_6268

11:00 – Feesafsluiting met tee en verversings in die kerksaal. Kuier vir oulaas heerlik saam.

 

 

 

 

 

 Ekstra vrywillige program vir alle belangstellendes:

12:30 Vertrek na Soverbyduin vir “bring en braai” en piekniek @ R30 per persoon20141026-20141026-d22c6814

16:00 Vertrek vanaf die kerk na Blocusoduin. Pak jou piekniekmandjie vir die belewenis van ‘n uitsonderlike sonsondergang. Kan met eie voertuig ry of agterop ‘n vragmotor @ R30 per persoon.

 

Maandag, 03 Oktober

9:00 – Dagtoer deur die gemeente.

Pak ‘n piekniekmandjie vir  die dacopy-of-picture-020gtoer hetsy op ‘n vragmotor of met eie vervoer. Toer deur gemeente vanaf Warmsand, Friersdale, Elim-, Fosterseiland, Neilersdrift, Skanskop, Kanoneiland tot by Bezalel. Vir die langasems en vasbyters  word die dag afgesluit  met ‘n laat namiddag bootrit by Upington op Sakkie se Arkie @ R120/persoon.

Dinsdag, 04 Oktober

8:00 – Dagtoer rondom Keimoes

Vertrek met eie vervoer na Riemvasmaak, Blouputs, Augrabies en met grondpad via N20150404-20150404-d22c9978eus en Koep-koep terug na Keimoes vir die wat kans sien vir die grondpad.

 

May 06

Jagkompetisie 2016 Wenners

ElandBaie geluk aan die volgende wenners van die Keimoes NG Kerk 2016 Jagkompetisie:

  • 1ste prys – Cecile Bray
  • 2de prys – Lizette du Plessis
  • 3de prys – Koos Nieuwoudt
  • 4de prys – Johan Malan
  • 5de prys – Johannes Koegelenberg

Ons is tans besig om die wenners te kontak en sal binnekort meer inligting op die webtuiste laai. Baie dankie vir almal se deelname.

Nov 24

Jagkompetisie 2016

Jag 2016Keimoes is geleë aan die rand van die uitgestrekte Kalahari – `n jagtersparadys soos min.  As deel van ons eeufeesviering bied ons gemeente hierdie geborgde kompetisie aan.

Staan ‘n kans om een van vyf pryse van altesaam R80 000.00 te wen:

Vir ‘n inskrywingsfooi van R50 staan jy ‘n kans om een van die volgende pryse te wen (Hoe meer keer jy inskryf, hoe beter jou kans om te wen!) 

Kompetisie is gesluit! Kliek hier om uit te vind wie die wenners was.

Jul 23

Aankondiginge 26 Julie 2015

Dinsdag:

  • Bybelstudie om 10:00 by Tannie Heilie de Wet. Daar word Bybelstudie gedoen oor die Impak van God se wil.  Almal is baie welkom.

Woensdag:

  • Palm-Oord Bybelstudie om 09:00.
  • Kerkraadverryking om 18:00 in die konsistorie.

Vrydag:

  • Mannebiduur om 06:00 by Tekkies.

Saterdag:

`Naba-fees op Upington.  Ons het `n wildprodukte-stalletjie daar.  Gaan maak daar `n draai en ondersteun ons asb.

Verjaarsdae:

Ons hartlike gelukwense aan die volgende persone wat in die week verjaar:

Vincent Lindholm – 26 Julie;

Netta van der Westhuizen – 27 Julie;

Jaconiël Malan – 28 Julie;

Chantelle Kuhn – 29 Julie;

Ian Thirion – 30 Julie;

Dorothy Duvenhage en Bossie van den Heever – 31 Julie.

Heleen Engels onderneem om as `n voortgaande woekerpoging vir die basaar, elke maand 4 koeke op bestelling te bak.  Die eerste vier persone wat `n wortel-, sjokolade- of lemoenkoek bestel, kan verseker wees van `n smaaksensasie soos min.  Bel haar by 082 8211 030 vir u bestelling.  Onthou – sy bak net 4 per maand!

Die SA Polisie se telefoonnommers het verander.  Die nommers by die aanklagkantoor is nou 054

461 6612 of 13 of 14 of 15.  Die stasiebevelvoerder se nommer is 054 461 6619.

Damesoggend

Die damesoggend wat verlede jaar gehou is, het soveel positiewe terugvoer opgelewer, dat daar gevoel is om dit vanjaar te herhaal.  Daar word dus `n damesoggend op Saterdag, 22 Augustus vanaf 09:00 in die kerksaal gehou.  Ed van Wyk gaan `n lied of wat sing en Cariena Schneider gaan praat oor die terapie van kuns.

 

Kaartjies kos R50 elk en is by die gasvrouens of by Sandra Conradie of die kerkkantoor beskikbaar.  Die volgende gasvroue het kaartjies beskikbaar: Heleen Engels, Mariëtte Nieuwoudt, Petra Snyman, Chrisma de Wet, Liezl von Wielligh, Helena Kalp, Rochelle Ellis-York (Regenstein), Christine Swenson, Dorien Botha, Maryke du Toit en Anneke Baard.

 

Daar is stalletjies wat allerhande interessante produkte te koop aanbied.  Die stalletjies sal vanaf 08:30 oop wees.

 

Elke gas kry `n geskenkie.  Kom drink tee en eet heerlik koek saam met ons almal terwyl ons na Ed en Cariena luister.  Almal is baie welkom.

 

Wildsfees:

  1. Die jaarlikse Wildsfees vind op 29 Augustus 2015 plaas – let asb daarop dat dit nie meer op 1 Augustus, soos aangedui op die kerkalmanak, gehou word nie.  Die Wildsfees het `n stalletjie by die ‘Nabafees en u moet gerus daar `n draai gaan maak.

 

Daar sal weer meer as 20 soorte lekkernye wees, ingesluit scnitzels, cordon bleu, wors Wellington, kaaswors, russians en vele meer.

As u die jag misgeloop het, kom kry u winterlekkernye by die Wildsfees.

 

Talle donasies van onder andere meer as 1 000 kg vleis is al ontvang.  Hiervoor is ons opreg dankbaar.

 

Ons benodig egter nog die volgende:

  • Skaapvet of `n vet skaap vir wors;
  • Kaas vir schnitzels;
  • 2 slagskape vir braai tydens die fees;
  • Blatjang (verkieslik mrs Ball’s) en agurkies vir cordon bleu;
  • Pasteideeg;
  • Worsspeserye

 

U vriendelike samewerking en donasies sal opreg waardeer word.  As u `n kontantdonasie wil maak moet u dit asb by die kerkkantoor inbetaal en laat dit merk “Wildsfees”

 

 

Bybelstudie – Palm-Oord 29 Julie 2015.

Lees Hand 1:1-8

 

  1. Hoe het Jesus aan die apostels bewys dat Hy regtig opgestaan het? (Vers 3.)
  2. Waaroor het Jesus met die apostels gepraat toe Hy aan hulle verskyn het? (Vers 3.)
  3. Watter belangrike bevel het Jesus aan die apostels gegee? (Vers 4.)
  4. Wat is die “gawe” wat die Vader beloof het? (Vers 5.)
  5. Watter uitwerking moet dit op ons getuienis hê?
  6. Watter verkeerde verwagtings het die apostels omtrent God se wil gehad? Hoe stel Jesus dit reg? (Vers 6-8.)

 

Vergeet jouself in jou omgee vir ander; en hulle sal jou onthou.

George MacDonald

Older posts «