«

»

Dec 27

Jagkompetisie 2015

NG KERK KEIMOES: JAGKOMPETISIE 2015

Gemsbok

Gemsbok

Keimoes is geleë aan die rand van die uitgestrekte Kalahari – `n jagtersparadys soos min.  As deel van ons eeufeesviering bied ons gemeente hierdie geborgde kompetisie aan.

Staan ‘n kans om een van die volgende pryse van altesaam R60 300.00 te wen:

Vir ‘n inskrywingsfooi van R50 staan jy ‘n kans om een van die volgende pryse te wen (Hoe meer keer jy inskryf, hoe beter jou kans om te wen!):

 

 

Eerste prys:

Elandbul, 2 blouwildebeeste en 2 Persieskape (waarde R20,000.00)

Tweede prys:

Gemsbok, Blouwildebees, 5 Springbokke en `n Persieskaap (waarde R14,000.00)

Derde prys:

Gembsbok, 3 Springbokke en `n Persieskaap (waarde R10,000.00)

Vierde prys:

Gemsbok en `n Springbok (waarde R7,300.00)

Al bogenoemde pryse sluit verblyf en etes vir 3 nagte, asook `n jagvoertuig in.

Daarbenewens is daar SES troospryse ter waarde van R1 500.00 elk.

Sluitingsdatum: 30 April 2015.

Trekkingsdatum: 1 Mei 2015.

Vir inskrywingsbesonderhede, reëls en regulasies: e-pos: skriba@keimoesngk.co.za.

Inskrywings gesluit.

Please follow and like us:

6 comments

Skip to comment form

  1. Deon

    Sterkte word julle toegewens met hierdie kompetisie. Ek gaan beslis inskryf met ‘n latere geleentheid.
    Keimoesgroete.

  2. Elize

    Ekself het ingeskryf en sou graag wou weet of my reklame-met-oorgawe vrugte afwerp.

  3. Koos de Wet

    Ek is in.

  4. Klaas de Jager

    Komaan mense, ondersteun ons ASSEBLIEF!!!!!!!!!!!!! Die reën het begin en die veld gaan mooi en die wild vet word!

  5. HUIBRE

    Hellos

    Is dit dalk moontlik om te weet wie die wenners was van die Jagkomp?
    Lekker dag

    1. admin

      Jammer vir die lang wag. Ons het eers die wenners in kennis gestel en die resultate is nou gepubliseer om die Webtuiste. Click hier

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>