«

»

May 06

Jagkompetisie 2016 Wenners

ElandBaie geluk aan die volgende wenners van die Keimoes NG Kerk 2016 Jagkompetisie:

  • 1ste prys – Cecile Bray
  • 2de prys – Lizette du Plessis
  • 3de prys – Koos Nieuwoudt
  • 4de prys – Johan Malan
  • 5de prys – Johannes Koegelenberg

Ons is tans besig om die wenners te kontak en sal binnekort meer inligting op die webtuiste laai. Baie dankie vir almal se deelname.

Please follow and like us:

5 comments

Skip to comment form

  1. inskrywer

    Hoe kan al die wenners in Keimoes bly as die kopetiesie landwyd gehou word. Iewers is n slang in die gras. Sal n onder soek moet aanvra na die regverdigheid

    1. admin

      Geagte Inskrywer, Dominee Conradie is tans besig om volledige resultate en statistiek oor die kompetisie saam te stel wat binnekort gepubliseer gaan word. Hy het egter solank vir my die volgende statistiek deurgegee om U vraag te antwoord:

      Daar was 4096 inskrywings in die trekking gewees. Ons het 3000 fisiese kaartjies laat druk waarvan bykans alles verkoop is. Die meeste van hierdie boekies is in Keimoes en omliggende areas verkoop. Die ongeveer 1000 internet-inskrywings het dus tussen 25 en 30% van die totale inskrywings beloop.

      Die eerste prys is gewen deur Cecile Bray van Keimoes; die tweede wenner is Lizette du Plessis van Upington; die derde prys is gewen deur Koos Nieuwoudt van Keimoes; die vierde deur Johan Malan van Pretoria en die vyfde deur Johannes Koegelenberg van Nylstroom.

      Een van Keimoes se wenners R10 000 se kaartjies gekoop wat vir die persoon `n baie goeie kans gegee het om te wen.

      Ek kan U verseker dat die trekking 100% eerlik en bo enige verdenking geskiet het.

      Indien daar enige verdere navraag is, kontak gerus die kerkkantoor by 054 461 1204.

    2. Deon van Zyl

      Daar is nie ‘n slang in die gras nie: eerder ‘n adder in die boesem. Geluk aan al die wenners en sterkte met die kerk se eeufeesvieringe!

  2. Sybrand van Dyk

    Aggenee! Ek het my vel verkoop nog voor ek die bok gewen het. 🙂

  3. F Erasmus

    skrywer se aantuiging getuig van swak smaak en sportmansgees.Ek wou ook gewen het en saam met my familie R5000 se kaartjies gekoop wat 100 kaartjies beloop en het nie n enkele prys gewen nie .baie geluk aan die wenners.dankie aan almal wat deelgeneem het met die bydrae tot n goeie saak.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>